Re: Graf van Jona

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Elana Janson on July 27, 2014 at 18:07:24:

In Reply to: Graf van Jona posted by Susanne on July 26, 2014 at 13:34:50:

Vir my is die “teken van Jona” so belangrik in die Christelike godsdiens dat ek hier versigtig kommentaar lewer.Dit is so belangrik want dit is volgens Matteus 12:39-42 die enigste teken.

Dit is die enigste teken maar dit het wye implikasie want dit betrek die geslag wat in die tyd van Jesus geleef het en die geslag wat leef in die tyd van die “oordeel”.

“Maar Hy antwoord hulle: “’n Slegte en afvallige geslag vra vir ‘n teken, en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona”. Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van ‘n groot vis was, sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne in die die aarde wees.”

Hierdie woorde is vir Christene van alle tye die voorspelling van die kruisdood en Opstanding van Jesus. Simbolies het hierdie woorde - vir die geslag wat Openbaring sal verstaan - ook betrekking op die tyd van “drie en ‘n half dae” in Openbaring 11:9 en 11.

Dit was – ‘n teken vir die geslag wat in Jesus se tyd op aarde geleef het - en is ook vir die laaste geslag voor die oordeel ‘n teken.

In vers 41 bring Christus die mense van Nineve direk in
verband met die oordeelsdag.
“Die mense van Nineve sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Hulle het hulle immers op die prediking van Jona bekeer. En hier staan Een wat groter is as Jona.”

Die woorde “En hier staan Een wat groter is as Jona” dui aan die teenwoordigheid van Jesus in hulle midde. Die woorde beteken vir die laaste geslag in die oordeeelsdag die teenwoordigheid van Jesus met die wederkoms.

Ek het ook hierdie week aandag gegee aan die feit dat die graf (wat volgens oorlewing die graf van Jona, die profeet is) opgeblaas is. Die blote feit dat dit nou gebeur het is vir my belangrik – in die lig van alles wat ek al op hierdie webwerf gesę het – naamlik dat “die teken van Jona” betrekking het op die verstaan van Openbaring. Met ander woorde wanneer die tydmetinge van Openbaring verstaan word is ons naby die tyd van die oordeel en die tyd van die “teken” van Jona.

Mosul

Omdat Jesus so pertinent die profeet Jona (Matteus 12:38-42) met die “oordeelsdag” verbind kan ons die vernietiging van sy graf wat węreldwyd gesien is nie ligtelik laat verbygaan nie. Ook omdat Christene onlangs in Mosul doodgemaak is en baie moes vlug vir hul lewe.

Dit is ook belangrik dat daar tans konflik om Jerusalem is en die nasies van die węreld nie ‘n oplossing vir die Midde-Ooste kry nie.

Ons is in die “klein rukkie”

Die verstaan van die tydmetinge van Openbaring dui aan dat ons nou in die “klein rukkie” leef.

Op 6:9-11

“Toe die Lam die vyfde seël oopmaak, het ek onder die altar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en die getuienis van Jesus vasgehou het. Hulle het hard geroep:”Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek u die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde? Aan elkeen van hulle is daar lang wit klere gegee, en vir hulle is gesę om nog ‘n klein rukkie te wag, totdat hulle mededienaars, hulle medegelowiges, wat net soos hulle doodgemaak gaan word, almal daar is.”

In die lig van Openbaring 6:9-11 (die oopmaak van die vyfde seël waar daar verwys word na die siele van die martelare) is wat tans in Mosul plaasvind, glo ek, van die allergrootste belang. Kan dit wees dat - in hierdie tyd - wanneer iets in verband met die profeet Jona plaasvind wat węreldwyd deur die media uitgedra is (die opblaas van sy graf) gelyktydig met die dood van Christene in Mosul gebeur - dit ook miskien ‘n aanduiding van die tyd van die “teken” is?


Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]