Ek wens

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on August 16, 2013 at 09:58:17:

Dit is nogal jammer dat daar op hierdie webwerf elke kort kort mense is wat nie hierdie wonderlike boodskap, wat direk van God af kom, kan of wil verstaan nie. God maak Sy planne vooraf bekend en dit sal die mens baat om daarvan notisie te neem. Bonhoeffer sệ die volgende: Christ claims to speak the revelation of God and to be that revelation. Many maintains a distance between himself and the word of Christ and allows no serious encounter to take place. Understanding Christ means taking Christ seriously. Understanding this claim means taking seriously His absolute claim on our commitment.
Elke woord in die Bybel is ‘'n persoonlike boodskap van God se liefde vir ons.
Acts.17:11....for they received the message with great eagerness and examined the Scriptures every day to see if what Paul said was true.
God se word is van toepassing op alle geslagte, van die begin tot die einde. Die Woord is en bly die Waarheid en dit is die enigste maatstaf waaraan ons as Christene enige iets kan meet.
RO.15:4 For everything that was written in the past (scriptures) was written to teach us, so that through endurance and encouragement of the Scriptures we might have hope.
As al die miljoene Christene egter saamstaan en saampraat en redeneer oor hoe hulle die Woord van God interpreteer, kan ons dalk tot ‘'n beter begrip kom van wat die geheimenisse van God is wat in die Woord van God versteek is. Dit sal egter net gebeur as ons soek, vra en klop en by God antwoorde vind, sowel as by ons mede broers en susters, veral die met kennis van die Woord van God.
Acts.17:3 On three Sabbath days he (Paul) reasoned with them from the Scriptures.
Hoe wonderlik sou dit nie gewees het as ons mekaar se opinies kon respekteer en as ons nie saamstem nie, om die punt te beredeneer totdat albei partye by die waarheid kan uitkom nie.
Sal dit nie wonderlik wees as ons almal eendag sê: :Wow! Dis interessant. Vertel my meer van die geheimenisse en skatte wat opgesluit is in die Bybel nie”.
Sal dit nie wonderlike wees as ons almal om ‘'n tafel kan sit en hierdie kosbare “pệrels” kan afstof en bespreek en bewonder, sonder om kwaad te word en bedreigd te voel nie.
Sal dit nie wonderlik wees as ons elkeen se opinie met respek kan behandel en elkeen se persoonlikheid as ‘'n gawe van God af kan beskou nie en net te fokus op die skatte uit God se skatkamer, eerder as om kwaad te word en ander se persoonlikhede af te kraak nie.
Sal dit nie wonderlik wees as ons elkeen die geleentheid kan kry om ons gawes en skatte wat ons uit God se liefdevolle Vaderhart ontvang het, met ons familie en vriende te mag deel nie, veral wanneer almal sê dat hulle Christene is.
Sal dit nie wonderlik wees as ons opgewonde terugvoering daaroor sal kry, wat vol blydskap en vreugde is nie.
Sal dit nie wonderlike wees as ons om ‘'n tafel kan sit en opgewonde verskillende vrae, persepsies en interpretasies met mekaar kan bespreek, sonder aanvalle, woede-uitbarstings en stilstuipe en internet sabotasie nie.
Daar is egter baie min mense wat ander mense se opinies respekteer en daaroor op ‘'n sinvolle manier kan praat. Die meeste mense word net kwaad of hardloop weg of ignoreer dit in stilte. Om die Bybel te bespreek of te verskil in interpretasie, is uit die bose en moet vermy word, is die denke van mense vandag.
Sal dit nie wonderlik wees as ons met vreugde, opgewondenheid en blydskap hierdie vrae en opinies met respek kan bespreek en dan die waarheid kan soek sonder voorbehoud, in die enigste Woord van die Waarheid , die Bybel nie.
Sal dit nie wonderlik wees as ons met liefde en respek, sonder beledigings uitmekaar kan gaan, al stem ons nie almal saam oor sekere interpretasies nie, maar dat die kanale altyd oop kan bly vir verdere besprekings en eerlike en opregte soeke na die waarheid nie. Ons is tog almal op soek na die Waarheid. Sal dit nie wonderlik wees as almal ‘'n leergierige gees kan kweek en self in die Bybel navrae en antwoorde sal gaan soek, en bly sal wees wanneer God antwoorde stuur deur ons mede-Christene. As iemand dan nie saamstem nie, bewys die teendeel, maar gebruik slegs die Bybel as die bron van die antwoorde. Sodoende behoort niemand kwaad te word nie, want geeneen van ons het die Bybel geskryf nie.
nie.
Sal dit nie wonderlik wees as ons almal oop sal wees om die wonderwerke van God te bespreek en vrae te vra en opgewonde en bly te wees oor die dinge wat God aan sekere mense bekend gemaak het tot voordeel van al Sy kinders nie.
Sal dit nie wonderlik wees as ons alles wat ons as boodskappe van die Heilige Gees ontvang, kan toets aan God se Woord nie, want God se Woord is geїnspireer deur die Heilige Gees en Hy gaan nooit terug op Sy Woord nie. Sal dit nie wonderlik wees as ons dit met ander Christene kan bespreek en saam kan soek na die uitleg van hierdie boodskappe van die Heilige Gees nie.
Sal dit nie wonderlik wees as ons ander se gawes met blydskap sal aanvaar en daaruit sal kan leer, dit wat God wil hê ons moet leer en dit met blydskap sal aanneem en Hom daarvoor sal eer nie. Ek wonder soms of dit moontlik is om sonder hierdie tipe interaksie en kommunikasie in God se woord te groei. Cor.12:7........manifestation of the Spirit given to the common good.
God is ontsaglik Groot en Almagtig. Dit is waarom daar ‘'n liggaam van Christus bestaan. Al ons breine is soos speldeprikkels in vergelyking met God. As ons almal egter ons denkvermoἔ aanwend en saam die geheimenisse en skatte in die Bybel en die Skepping ontleed en bespreek, dan kan ‘'n mens tot die waarheid as die enigste gevolgtrekking kom. Om die waarheid met opgewondenheid en blydskap te soek.
Die Engelse Bybel gebruik die woordjie “zeal” Ro.12:9 Never lack zeal.... Sal dit nie wonderlik wees as almal se harte gretiglik sal oorloop van die grootheid en waarde van God en Christus nie.
Hoe wonderlik sal hierdie eensgesindheid in diversiteit nie wees nie. Elkeen geregtig op sy opinie en die opinie van elkeen word geskaaf en geskuur deur die Woord van God totdat die Waarheid uit die Woord ontdek word. Soos pragtige geslypte diamante.
Hoe wonderlik sal dit nie wees as dit kan gebeur sonder aanvalle en slegsἔery en persoonlike ondergrawery nie. Kritiek moet daar wees as die punt nie ‘'n fondasie in die Bybel het nie. Tog is daar ook verskillende interpretasies. Hierdie interpretasies is baie kere aanvullend tot mekaar. As gesoek word met openheid en welwillendheid, sal almal, met die hulp van die Heilige Gees by die waarheid uitkom.
Diegene wat nie bedreigd voel nie is min gesaai.
Dit is gewoonlik diegene wat die Woord van God redelik goed ken en bereid is om navorsing te doen, wat bereid is om te soek, te redeneer en te verskil terwyl daar gesoek word na die waarheid, sonder om kwaad te word.
Selfs die werkinge van die Heilige Gees moet getoets word. Waaraan kan dit getoets word? Slegs aan die Woord van God.
Rev.21:6 To him who is thirsty, I will give to drink without cost from the spring of the water of life.
Jn.17:17 Sanctify them by Your truth. Your Word, is truth.
Ps.119:160 The entirety of Your Word, is the truth.
Ek het Dr. Janson se interpretasie van die begin af gevolg en tot op hede is dit toetsbaar aan God se Woord. Mag u steeds u lesers meedeel wat God wil he ons op hierdie tydstip moet weet, want dit wil voorkom asof die tyd kort raak.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]