Hfst.13 - Dier uit die see

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne on January 16, 2011 at 11:30:58:

HOOFSTUK DERTIEN
Dier uit die see

Op.13:1 En ek het op die sand van die see gaan staan. En toe het ek ‘n dier uit die see uit sien kom met tien horings en sewe koppe. Op sy horings was daar tien heerserskrone en op sy koppe godslasterlike name.
Die woorde sand van die see maak die betekenis van sand in Openbaring aan ons bekend. Hierdie is die simbool van ontelbare menigte. Dit is ook wat nou bekend gemaak gaan word met die dier uit die see. Die simbool van die dier uit die see verwys na ontelbare menigte mense van die aarde.
Ons moet deeglik kennis neem van die woord dier in Openbaring, sodat ons kan insig kry in dit wat Openbaring wil hę ons moet weet op hierdie tydstip. Die eerste keer dat ons van die dier lees, is in Op. 4:6. Die vier diere (lewende wesens) wat in die middel van die troon is en ook rondom die troon.
Die eerste van die vier diere (lewende wesens) is ‘n leeu;
die tweede is ‘n bul(kalf);
die derde het die gesig van ‘n man; en
die vierde was soos ‘n arend wat vlieg.
In Openbaring hoofstuk 6 is die vier diere (lewende wesens) verbind aan die vier ruiters van die apokolips. Hieruit kan ons leer dat die mag van die bose nog altyd teenwoordig was in die tyd dat die boodskap van verlossing verkondig is in die twee millenniums. Deur die beeld van die draak wys Openbaring dat die mag van die bose die mense verlei het op ‘n spesifieke wyse. Die dier uit die see is die misleiding van die leierskap van die Christelike nasies om die kerk en die staat te skei. Onthou dat dit volgens God se wil was. (Op.17:17)
Die dier uit die see het sewe koppe en tien horings gehad, en op sy horings tien krone. Openbaring wys vir ons wat hierdie simbool of beeld werklik beteken in Op. 17:9-14. Op hierdie tydstip besef ons dat die getalle 7 en 10, verstaan moet word binne die konteks van die drie en ‘n halwe dag in die tweede millennium. Hoe weet ons dit? Want die draak is neergegooi in die tyd 1000. Openbaring maak bekend dat die draak en die dier instrumenteel was in die oorgang van die regering van die Konings na die regering van die mense gedurende die 14 generasies van 72 jaar vanaf AD1000.
In vorige hoofstukke het Openbaring bekend gemaak dat die simboliek van die fondasies van die generasies van die Nuwe Jerusalem, wat die kleure van die edelstene is, weerkaats (soos deurskynende glas Op.21:12) op die aarde in die jaar 1000 tot 2004. Dit word gedoen om die tydmeting in Openbaring bekend te maak.

1000 2000

1068 1130 1212 1284 1356 1428 1500 1572 1644 1716 1788 1860 1932
Op.13:2 Die dier wat ek gesien het, het soos ‘n luiperd gelyk. Sy pote (voete) was soos die van ‘n beer en sy bek soos die van ‘n leeu. Die draak het sy mag, sy troon, en groot gesag aan hom gegee.
Hierdie visioen het gelyk soos die visioen in Daniёl 7:3-6. En vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander. Die eerste was soos ‘n leeu, en hy het vlerke van ‘n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos ‘n mens op twee voete neergesit is en daaraan ‘n mensehart gegee is. En kyk ‘n ander dier, ‘n tweede, het gelyk soos ‘n beer; en is aan die een kant opgerig; en drie ribbes was in sy bek tussen sy tande; en so het hulle vir hom gesę: Staan op, eet baie vleis. Daarna het ek gesien, en kyk, daar was ‘n ander een soos ‘n luiperd , en dit het vier vlerke van ‘n voёl op sy rug gehad; ook het die dier vier koppe gehad en aan hom is heerskappy gegee. Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk daar was ‘n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad.
Openbaring gebruik die vier diere van Daniёl in omgekeerde volgorde, want Openbaring maak die geskiedenis bekend. Openbaring wys dat die simboliek van die diere in Daniёl in ag geneem moet word met die interpretasie van Openbaring. Waarom word dit in omgekeerde volgorde genoem? Dit is om aan te dui dat ons die tyd moet terugmeet vanaf 2004.
Openbaring het ‘n spesifieke begin. Dit begin by die geboorte van Jesus Christus. Dit het ook ‘n spesifieke eindtyd. Dit is die terugkeer van Jesus Christus en net God weet wanneer dit sal plaasvind. Ons het insig ontvang oor tydmeting vanaf die geboorte van Jesus Christus tot Februarie 2005. Dit is waarom die lengte en die breedte van die Nuwe Jerusalem gemeet word in eweredige lengtes. Die mates van die Nuwe Jerusalem word gemeet vanaf die geboorte van Jesus Christus tot die tyd van Sy terugkoms.
Omdat die diere van Daniёl in omgekeerde volgorde in Openbaring verskyn, dui dit aan dat die tyd vanaf ‘n sekere tydstip teruggemeet moet word. Die simboliek van die diere in Daniёl is verbind aan die generasies wat teruggemeet moet word vanaf 2004.
Die woorde daar was ‘n ander een soos ‘n luiperd, dui daarop dat daar een of ander aspek van daardie dier is wat toegepas kan word op die simboliek van Openbaring. Openbaring bevestig die tyd van daardie simbool. Die simbool van die luiperd wat deur Daniёl gesien is, is” heerskappy is aan hom gegee”. In die laaste generasie(geslag) voor 2004, sal heerskappy aan die dier gegee word. Dit is die tydperk 1932 tot 2004. Die woord heerskappy se betekenis lę in Op. 1:6 And has made us Kings and Priests unto God and His Father; to Him be glory and dominion (heerskappy) for ever and ever. Amen. Die Afrikaanse Bybel het die woord “dominion” vertaal met heerlikheid. Dit was in Openbaring bekend gemaak dat God drie-enig die regering van die Christelike konings bewerkstellig het in die eerste millennium. (Die ruiter op die wit perd) Hierdie regering was nie volhoubaar nie, omdat die mens van nature sondig is en maklik mislei word deur die bose. Hierdie regeringsvorm sal oor ‘n tydperk van 1000 jaar oorgedra word aan die dier.
Die woorde pote(voete) se betekenis (voete van klei) kry ons in Daniёl 2:41-42 “….die tone en voete, deels van yster en deels van klei, wys dat die koningkryk deels sterk en deels swak sal wees.” So maak Openbaring bekend dat dit die simboliek van die beer sal wees wat die nasies sal laat struikel. “En is aan die een kant opgerig; en drie ribbes was in sy bek(mond) tussen sy tande, en so het hulle vir hom gesę: “Staan op, eet baie vleis.” Wanneer die simboliek van die dier verbind word aan die simboliek van Openbaring, sien ons dat die Christelike nasies sterk sal bly. (op een kant oprig –voete van yster) Met die kennis om die menslike genoom te kloon word vir ons duidelike gemaak in die woorde “drie ribbes in sy bek(mond) tussen sy tande. Dit is verwant aan die ribbebeen van Adam waaruit Eva gekloon is. Dit sal ook uiteindelik die rede wees waarom die nasies ‘n eindtyd sal beleef. (eet baie vleis) Kyk ook Op. 19:18.
Onthou, die woord mond verwys na die ontwikkeling van ‘n kommunikasienetwerk (Op 13:15) van die węreld, asook na die straf vir die nasies (Op.19:15) Die woorde en sy vlerke is afgeruk en hy was van die aarde opgehef en soos ‘n mens op twee voete neergesit, en ‘n mensehart is aan hom gegee. (Dan 7:4) Openbaring maak bekend deur die prent wat in Daniёl geskets word van die leeu, dat die nasies gelei sal word deur wette waarvan die dryfkrag emosies, filosofie en die belangstelling van die man(mens) sal wees. Hierdie wette sal gepropageer word en gedryf word deur die ontwikkeling van die węreldwye kommunikasie netwerk.
In die verloop van die tweede millennium sal die nasies gedryf word deur die begeertes om van onregverdige en wrede konings ontslae te raak en om in die plek van die konings ‘n regering daar te stel wat die regte van die menses al handhaaf. Daar is natuurlik niks daarmee verkeerd nie. Daar was ook niks verkeerd met die ontwikkeling van die wetenskap om die menslike geen te ontdek in die middel van die twintigste eeu nie. Ook is die regering van die meerderheid in die middel van die twintigste eeu węreldwyd aanvaar. Ongelukkig is dit in die menslike natuur om hierdie ideologieё en ontwikkelinge in die wetenskap tot op die punt te dryf waar dit nou as rebellie teen outoriteit ontwikkel het. Ook word morele vryheid en die ontdekkings in die wetenskap nou belangriker geag die wette van God.
U sal onthou dat daar in Op.6:5 gestaan het “en toe die derde seёl oopgemaak is het ek die derde lewende wese (dier) hoor sę”. Ook in Op. 4:7 staan daar “die derde dier het die gesig van ‘n mens”. Die tydperk van die opening van die derde seёl is 1896. Daarom kan ons sien dat al hierdie dele in Openbaring in verband met mekaar gebring kan word in die tydperk na 1896.
1) sy mond, die mond van ‘n leeu;
2) gesig van ‘n mens;
3) vlerke afgeruk, en op twee voete neergesit soos ‘n mens.
Hierdeur wil Openbaring aan ons bekend maak dat die oorsaak van die misleiding van die nasies deur die mag van die bose, deur die dier uit die see versimboliseer word. Hierdie mag sal manifisteer na 1896.
Die woorde die draak het aan hom sy mag, sy troon en groot gesag aan hom gegee, maak bekend dat die skeiding tussen Christene sal help om die regering van die meerderheid (mag, gesag, troon) tot stand te bring. In die Engelse vertaling word die woord seat/troon gebruik. Die woord seat/troon verwys na die Koning se troon en na die Satan se troon(Op.2:13) Dit sal ‘n regering wees wat die Christelike nasies sal mislei en ook sal sorg dat die morele en geestelike waardes van die Christelike nasies sal verval.
Om hierdie begrippe te verstaan, moet ons na die verse gaan kyk waar die woorde krag, troon/seat en outoriteit voorkom. In Op. 16:8 en 10 vind ons die woorde krag en troon/seat. In hierdie verse beskryf Openbaring hoe die sewe engele die sewe wraakbakke van God uitstort. M.a.w. Openbaring maak bekend dat God in beheer is van die draak en die dier. Openbaring maak ook bekend dat die skeiding en onmin tussen Christene tot oorlog en die dood van Christene sal lei. Dit sal tot die oordeel van God lei. Teen 2005 het die węreld reeds te doen gekry met die oordeel van God deur ‘n outoriteit in plek te plaas wat voete van klei en yster het.
Op.13:3 Dit het gelyk asof hy aan een van sy koppe dodelik gewond was, maar die dodelike wond het genees en die hele węreld het verwonderd agter die dier aangeloop.
In die tweede millennium na die geboorte van Jesus Christus, het die outoriteit van die gesalfde koning begin verkrummel. (Koning en priester vir God) Selfs so vroeg as 1215 het die Engelse Baronne moeg geword vir Koning John se onsuksesvolle en duur oorloё met Frankryk. Hy het ook hoё belasting gehef en dit het hom verplig om die Magna Carta te teken. Hierdie wet het hom verplig om mense te verhoor volgens ‘n juridiese stelsel en ook om inhegtenisname na willekeur te beperk. Dit was natuurlik net van toepassing op vrymanne (freemen) en die meeste van die populasie was nie vry nie. Dit was van hierdie tydperk af (1215) wat een van die Christelike Konings verplig was om sy absolute mag prys te gee. Hierdie strewe na vryheid sou uiteindelik die koningskap vernietig in Europa.
In 1356 sal ‘n handves saamgestel word deur Keiser Charles IV om ‘n grondwet vir die Heilige Romeinse Ryk op te stel. Van daardie datum af is die Keiser van die Romeinse Ryk verkies. Dit het tot stand gekom as gevolg van die stryd tussen die Rooms Katolieke Kerk en die Hohenstaufen vorstehuis van konings van die Romeinse Ryk. Dit het ‘n groot gedeelte van Europa ingesluit.
Die woorde een van sy koppe dodelik gewond dui op die veroordeling en teregstelling van ‘n koning deur die keuse van die meerderheid. Die woord dodelik/fatal is hier van groot belang, want dit veronderstel die einde van iets. Dit was die einde van die regering volgens die Orde van Melchisedek. Volgens die orde van Melchisedek is die regering van die land en die geloof van die land beklee in die koning. Die koning bepaal dus dat die Christelike geloof nagevolg sal word en dat almal voldoen aan die die Christelike leerstellings.
As ons Op.17:9 ontleed kom ons agter dat die koppe van die dier (7koppe en 10 horings) beide ‘n berg en ‘n koning is. Dit sal later bewys word dat die berg/mountain verwys na Golgota, waar Christus gekruisig is. Die woord berg/mountain is dus die simbool van die lede van die Christelike kerk wat doodgemaak is in die konflik tussen die Konings van die nasionale state van Europa en die Roomse Katolieke kerk.
Die sewe koppe is verwant aan die sewe generasies in die tweede millennium toe die stryd tussen die kerk en die staat gelei het tot die dood van ‘n leier in die kerk. Die dood van die aardsbiskop van Canterbury , Thomas Becket, was veroorsaak deur die konflik tussen Koning Henry II en die Katolieke Kerk. Daarom is die sewe koppe verwant aan die sewe “generasies” van konflik tussen die Christelike Europese Konings en die Christelike kerk. Dit het gebeur vanaf 1068 tot 1572.
1000 2004

1086 1130 1212 1284 1356 1428 1500 1572 1644 1716 1788 1860 1932
Die 10 horings is ook 10 konings. (Op.17:12) Hierdie konings sal ook vir een uur outoriteit as konings saam met die dier hę. Hierdie woorde dui die geleidelike agteruitgang van die mag van die koning aan. U sal onthou dat een uur in die geskiedenis die tydperk van 24 jaar is.
Die tyd van uur word vasgestel deur die kennis van die getal twaalf in Openbaring. Die getal twaalf word in berekening gebring met die term muur van die Nuwe Jerusalem. In Op.21:12, 14 en 21. In Op. 21:12 word gesę dat die muur twaalf poorte het. In Op.21:14 word gesę dat die muur van die stad twaalf fondasies het . In vers 21 word gesę dat die twaalf poorte van die muur twaalf pęrels is. Die enigste manier hoe ons kan weet dat die muur verwant is aan tyd, is om die simboliek van die Nuwe Jerusalem as weerkaatsing (refleksie) van die tyd op aarde te verstaan.
Die getal twaalf kom ook voor in die opening van die sesde seёl. In daardie gedeelte kom die getal 144 000 voor en ook die getal 12 000. Die begrip van die getalle 12 x 12 in Openbaring is verwant aan die tydmeting van 144 jaar. Die 144 jaar word verdeel in 12 gedeeltes. Soos vroeёr gemeld dui die 000 op drie dele van die aarde, wat die hele aarde is.
In Op.22:2 sę dit : hy dra twaalf keer per jaar vrugte; en hy lewer elke maand sy vrugte. In Engels word gepraat van twelve manner of fruits. Openbaring maak bekend dat die 144 jaar vanaf 1860 tot 2004 in twaalf dele(vrugte) verdeel word en maak ook bekend dat die tyd van maand 6 jaar is. Hierdie vrugte verwys na die vrugte van die aarde. Ons sal dit in hoofstuk veertien bespreek.
Die getal tien is 10 tydperke van 72 jaar waarin konings vir +- 24 jaar regeer het, maar waar die koning van ‘n land nie meer gesag gehad het nie as gevolg van ‘n verkose regering. Die Koning het vir een uur saam met die dier regeer. Dit beteken dat die koning net in naam regeer het, en nie meer gesag gehad het nie. Dit was ook die oorgangstydperk tussen die regering van die koning en die regering van die meerderheid. Die koning het dus nie die steun van die meerderheid mense gehad nie.
1428 - In die Bisantynse Ryk(Griekeland) het Johannes VIII regeer vanaf 1425 tot 1448.(23 jaar) Konstantinopel het geval in 1453.
1572 - In Pole het Sigismund II regeer vanaf 1548 tot 1572.(24 jaar) Hy was die laaste van die 10 konings wat regeer het vanaf 1320.
1644 - In Engeland het koning Charles I regeer vanaf 1625 tot 1649. (24 jaar) Hy is onthoof na ‘n lang twis tussen die koning en die parlement. Nooit weer sou die Engelse vors dieselfde mag hę nie.
1788 - In Frankryk was dit die tyd toe die Franse burgers in opstand gekom het teen die Franse koning en die Franse kerklikes. Die Franse koning is onthoof en ook daar sou die koning nie weer dieselfde gesag hę nie.
In Oostenryk het Josef II regeer vanaf 1765 tot 1790.(25 jaar) Hy het die Rooms Katolieke kerk deur wetgewing onderdanig aan die staat gemaak.
In 1610 is die Franse Koning Henry IV vermoor. Hy was een van die laaste konings van Frankryk wat regeer het voor die Franse Revolusie. Dit was die tyd van die hewige stryd tussen die Protestante en die Katolieke in Frankryk.
1896 - Die laaste Russiese Koning Nikolaas II het regeer vanaf 1894 tot 1917.(23 jaar) Hy is in 1918 saam met sy familie doodgeskiet.
Die getal 10 is die getal van totaliteit om aan te toon dat die Christelike Konings in Europa plek moes maak vir verkose regerings of regerings wat nie-Christelik was. Dit was vanaf 1212 tot 1932.


1068 1130 1212 1284 1356 1428 1500 1572 1644 1716 1788 1860 1932
Om die uur vas te stel moet die tyd van die muur van die Nuwe Jerusalem, wat reflekteer op die tydmetings van 144 jaar, verdeel word in twaalf dele. Dit word vir ons aangetoon in die opening van die sesde seёl. Die tydperk van 1860 tot 2004 word verdeel in twaalf tydperke. Hierdie twaalf dele is halfure (Op.8:1) ‘n Uur is dus 24 uur.
Dit is slegs met die kennis van ‘n uur in Openbaring wat in die geskiedenis 24 jaar beteken, dat ons kan vasstel wat bedoel word in Op.17:12. “en die tien horings wat jy sien is tien konings wat nog nie ‘n koninkryk ontvang het nie, maar die mag gegee is om saam met die dier vir een uur te regeer.
Om te verstaan wat die betekenis is van” die dodelike wond het gesond geword” , moet ons gaan kyk wat het in die geskiedenis gebeur. Nadat Charles I tereggestel is, is die vorstehuis weer herstel in Engeland, maar die Koning sou nooit weer die mag hę wat hy voorheen gehad het nie. Ook is daar ‘n parlement gestig wat sou regeer en dit het gelyk asof alles weer wel is. Later sal selfs die dood van die Christene vergeet word.
Ons het in die bogenoemde gedeelte gesien wat beteken “en die węreld het verwonderd agter die dier aangeloop “. In die verloop van die geskiedenis het ons gesien dat feitlik die hele Europa oor ‘n tydperk, die regering van die koning afgeskud het en ‘n verkose regering in plek gestel het. Dit het in die hele Christelike węreld gebeur. Hierdie verkose regerings het vryheid van geloof nagestreef. Die nasies het dit so nagestreef dat selfs al sou hierdie tipe regering oorlog tot gevolg gehad het en die dood van Christene veroorsaak het, sou die węreld dit aanvaar het.
Op.13:4 Die mense het die draak aanbid omdat dit hy is wat gesag aan die dier gegee het. Hulle het ook die dier aanbid en gesę: Wie kan met die dier vergelyk word? En wie kan teen hom oorlog voer?
Vandag aanvaar alle lande die skeiding tussen die kerk en die staat. Ons is vandag geneig om te vergeet van die groot hoeveelheid Christene wat hulle lewe verloor het in die skeidingsproses. Die oorloë oor godsdiensvryheid het gelei na die regering van die meerderheid en die mag van die gesalfde koning het verdwyn. Vandag strewe die meeste regerings vir vryheid en onafhanklikheid. Wie sal vandag opstaan teen die regering van die meerderheid?
Op.13:5 Die dier is toegelaat om verskriklike dinge te sę en te laster en om twee en veertig maande lank gesag uit te oefen.
Onthou die woord mond is verwant aan die uitbreiding van die węreldkommunikasie na 1906. 1906 was die jaar wat die radiotelefoon gedemonstreer is in Amerka en die menslike stem die eerste keer oor die radio gehoor is. Dit was ook die jaar dat die drievoudige gehoorversterker (triode Audion amplifying valve) gepatenteer is in New York. Wanneer ‘n flou elektriese sein versterk is deur hierdie apparaat en op die radiogolwe gedruk is, kon die sein opgevang word op ‘n ontvanger oor ‘n afstand. Die menslike stem is so verplaas. As ons die jaar 1906 en die ontdekking van die radiotelefoon verbind aan die getal van die mens in die volgende hoofstuk sal u sien hoedat die dier sy invloed op die mens versterk het deur (radio) kommunikasie.
Openbaring maak bekend dat in die tydperk na 1906 sal die regering van die meerderheid (rule of man) węreldkommunikasie gebruik om vryheid van geloof te propageer. Dit sal natuurlik godsdiensaanvaarding tot gevolg hę, maar dit sal ook die geloof, dat Jesus Christus die weg, die waarheid en die lewe is, op ‘n gelyke voet plaas met ander gelowe. Dit sal Christus gelyk maak met ander bygelowe, en dit sal beteken dat die boodskap van Christus se groot offer, moet meeding op gelyke voet met ander gelowe. Dit sal dan tot die verderf vir baie mense lei. Deur die woord mond wys Openbaring vir ons dat die węreldmedia forseer sal word om die gelykheid van gelowe te verkondig. Die res van die węreldbevolking sal al hoe meer in verwondering staan oor die gelykheid van gelowe. Dit klink en voel baie “liefdevol” teenoor ander mense. Dit lei egter tot die verderf. Die gevolg hiervan was dat mense nie meer kerke bygewoon het nie en die Christelike stem het maar net een van baie stemme van alle gelowe geword. God sal toelaat dat hierdie toedrag van sake so sal verloop totdat die 42 maande op ‘n einde kom. Dit is Feb. 2005.
Op.13:6 Hy het teen God begin laster, hy het God se Naam en sy woonplek en die wat in die hemel bly, belaster.
Gedurende die twintigste eeu na 1906 sal die węreldmedia die vryheid van godsdiens verkondig. Christelike nasies belaster God wanneer hulle alle gelowe as gelyk aanvaar. Dit is ook laster as die Christelike nasies wette aanvaar wat teen die wet van God is.
In die Ou Testament was die tabernakel van die Israeliete in die wildernis. In Openbaring word wildernis die simbool van die Christelike geloof wat van Europa oor die see versprei het. (Op11:8) Gedurende die verspreiding van die Christelike geloof tot aan die eindes van die aarde, sal die eenheid tussen Kerk en Staat beďndig word. Die dier wat eintlik die gestalte is van politieke vryheid en geestelike vryheid, sal veroorsaak dat die Christelike boodskap van redding deur die kruis, sal wegraak in die hoofstroom politiek.
Die woorde “ wat in die hemel bly”, dui vir ons aan dat die ware getuies, die boodskap van verlossing deur Jesus Christus, uitgedra het na die eindes van die aarde toe. Hierdie ware getuies het in die geloof gesterf en bly nou in die hemel. Hierdie boodskap van verlossing sal gevange gehou word onder die meerderheidsregering (rule of man) omdat hulle alle gelowe gelyk ag voor die reg.
Dit beteken dat alle nasies van die węreld politieke vryheid sal soek. (aanbid die dier). Op die ou einde sal die mense van die nasies die boodskap van verlossing deur Jesus Christus minag, sowel as diegene wat lewe volgens die voorskrifte van die Christelike geloof. Hulle sal nie glo dat daar ‘n lewe na die dood is nie en sal nie strewe na ‘n lewe wat beloon sal word in die ewigheid nie.
Op.13:7 Aan hom is daar ook mag gegee om teen die gelowiges oorlog te maak en hulle te oorwin en daar is gesag aan hom gegee oor elke stam, volk, taal en nasie.
In die proses om die outoriteit en koningskap weg te neem van die gesalfde koning af, het die nasies baie oorlog gemaak teen die Kerk en die gelowiges. Dit het oor eeue heen gebeur met die nasies se strewe na politieke- en godsdiensvryheid.
In die begin van die twintigste eeu het ons gesien hoe die Christelike nasies die Christelike kerk feitlik verwoes het in groot dele van die węreld. Tussen 1918 en 1923 is die Christelike kerk in Rusland feitlik verwoes. Negentig persent van die kerk is verwoes. Gedurende die Tweede Węreldoorlog het Duitsland teen die kerk in Poland opgestaan en dit verwoes. Duitsland het ook die Kerk in Rusland verwoes. In China is die kerk verwoes in latere jare.
Deur die woorde mag gegee oor elke stam, volk, nasie, taal weet ons dat die hele węreld sal streef na die meerderheidsregering (rule of man).
Op. 13:8 Al die inwoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die skeppng van die węreld af geskrywe staan in die boek van die lewe, die boek van die Lam wat geslag is nie.
Openbaring lę klem op die feit dat politieke vryheid ook godsdiensvryheid meebring. Dit is nie aanvaarbaar vir God drie-enig nie, want die boodskap van redding, van die skepping van die węreld af, lei skade. Hierdie is ‘n baie groot en belangrike konsep. Dit beteken dat die mens, van die skepping van die węreld af, geneig is om teen God te rebelleer. So het die Christene teen God in opstand gekom of teen God gerebelleer. Hier maak Openbaring dit ook vir ons baie duidelik dat Jesus Christus die Seun van God is, want hy was die Lam wat geslag is van die skepping af.
Op.13:9-10 As iemand kan hoor moet hy hierna luister. As iemand bestem is vir gevangenskap, gaan hy in gevangenskap; as iemand bestem is om met die swaard doodgemaak te word, word hy met die swaard doodgemaak. Hier het die gelowiges volharding en geloof nodig.
Hierdie vers moet ons lees met al die vorige verse in gedagte oor die dier uit die see.(Op.13:1-8) Om te verstaan wat Openbaring hier bedoel, moet ons na ander verse in die Bybel gaan kyk, sodat ons kan vasstel wat met die woord gevangenskap bedoel word. In Jer.20:4 word die volk Israel in gevangenskap weggevoer na Babilon. Jer.20:4Ek gee in die hand van die koning van Babel, wat hulle in ballingskap sal wegvoer na Babel.
Kyk ook na Jes.33:1 “Ellende wag op jou, jy wat verwoes het en self nie verwoes is nie, jy wat ontrou was hoewel niemand aan jou ontrou was nie. Wanneer jy klaar verwoes het, sal jy verwoes word. Wanneer daar ‘n end kom aan jou ontrou , sal ander ontrou aan jou wees.” Die simboliese betekenis van hierdie hoofstuk in Openbaring, wat te doen het met die dier uit die see, is die simbool van die konings en leierskap wat “gevange” geneem is en mislei is. Deur oorlog te maak teen hul mede-Christene en die dood van die Christene, sou hierdie misleiding (gevangenskap) nog vir baie eeue ‘n invloed uitoefen op al die generasies wat gaan kom.
Hulle was “gevange” geneem deur die magte van die bose en so het hulle weg beweeg van hul geloof. Hulle was egter die konings en die leierskap van die nasies en daarom het hulle ook hul onderdane weggelei na rebellie teen die Christelike kerk. Hierdie leierskap het die volgende geslagte na ‘n ander vorm van gevangenskap gelei. Dit is die “gevangenskap” van ‘n vry gemeenskap wat gedurig die bose moet bestry in hul midde. Dit lei uiteindelik na bandeloosheid en wetteloosheid. Dit veroorsaak dat die heiligheid van die huwelik as instelling van God, sowel as die gawe van lewe binne die huwelik geminag sal word. Nou sal die gemeenskappe van die nasies regeer word deur die koning van die bodemlose put.(Op.9:11)
Namate die nasies al hoe verder weg beweeg van die waarheid van die Christelike geloof, verloor hulle ook hul kennis van die Waarheid van die Woord. Dit word in Jes.5:13 verwoord. “ daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis.”
Ons kan nou verstaan waarom Openbaring die simbool van Babilon gebruik in die val van die groot stad. (Op.18) Dit is die finale val van die hele aarde. Die nasies is op hierdie oomblik in gevangenskap van ‘n vrye gemeenskap. Dit beteken dat die konings en die leierskap van die Christelike nasies wat oorlog gemaak het om politieke-, ekonomiese- en godsdiensvryheid te bekom, nie besef het dat dit ook morele vryheid (verval) tot gevolg sal hę nie. Op hierdie tydstip kan ons in die samelewing sien hoedat die Christelike gemeenskappe tot ‘n val kom a.g.v. die feit dat die mens nou geen gebondenheid meer wil hę nie. Is dit hoekom die kinders so verniel en verwoes word deur volwassenes en kinders wat geen wette meer duld nie en wat nou onmiddelike gratifikasie van al hulle drange wil hę. Ons sien in ons eie gemeenskappe hoe dissipline glad nie meer bestaan nie. Dit is wat Openbaring bedoel met val van die groot stad Babilon.
Net soos diegene wat die nasies gelei het in gevangenskap vir hul ideologieë van Vryheid, net so sal die volgende geslagte in ballingskap vasgevang wees.
Daar sal egter altyd diegene wees wat vashou aan hulle geloof en die morele waardes van die Christelike leerstellings. In die twintigste en een en twintigste eeu sal dit vir hulle ook al moeiliker word. Dit is waarom Openbaring noem dat hulle volharding en geloof nodig sal hę. Net in Jesus Christus en Sy leerstellings sal hulle sterk kan staan te midde van al hierdie misleiding.
Dit is met hierdie insig en kennis dat ons nou kan weet dat die dier uit die see ook die tyd is dat die boodskap van redding deur Jesus Christus versprei is van Europa na die lande oor die see. Openbaring toon aan dat Almagtige God met ‘n ystersepter regeer het toe die mens gerebelleer het teen die eenheid van die staat en die kerk. ‘n Vryheid van geloof moes tot stand gekom het, sodat die geloof oor die see kon versprei tot aan die eindes van die aarde. Die finale boodskap van Openbaring is dat die vryheid van geloof net vir ‘n sekere tydperk kan duur. Op.17:17 “God het hulle gedagtes so gerig dat wat hulle doen, volgens sy bedoeling is; hulle het een en dieselfde doel voor oë en hulle stel hul koningskap tot die dier se beskikking, totdat God sy woorde in vervulling laat gaan het.”

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]