Vaal Perd

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Susanne Baker on July 05, 2010 at 16:10:43:

Vaal Perd.
Op. 6:7 Toe hy die vierde seёl oopmaak, het ek die stem van die vierde lewende wese hoor sê: Gaan uit! Ek het gesien; daar was ‘n vaal perd. Sy ruiter se naam was Die Dood, en die doderyk het agter hom aan gegaan. Aan hulle is mag oor ‘n kwart van die aarde gegee om die mense dood te maak met die swaard en met hongersnood en met pes en deur die wilde diere van die aarde.
Die tyd van die oopmaak van die vierde seël herhaal ook woorde en ons volg dieselfde metode van ontleding as by die vorige drie seëls. Dit is weer die Lam wat die vierde seël oopmaak. Weereens deur Goddelike ingryping het Dr. Janson die kennis ontvang om te weet dat hIerdie die jaar 1947 is. Die Dooie See boekrolle is toe ontdek In ’n grot naby Qumran naby die dooie see. Hierdie ontdekking in geheime plekke is die vierde donderslag.
Deur die word stem (voice) word nog ‘n tydmeting bekend gemaak. Die “vierde lewende wese” word verbind aan die “vierde dier” van Op. 4:7”Die vierde dier was soos ‘n vlieënde arend/ and the fourth beast is like the flying eagle”
In die Bybel word die simbool van die arend aan verskeie aanhalings, of verwysings verbind. Ons weet nou dat die ruiter op die vaal perd, die tydperk 1947 is. Ons moet kyk na Hab. 1:8 “ Hulle ruiters kom aan op ‘n gallop, hulle kom van ver af, hulle vlieg soos arende wat op hulle prooi neerskiet”
Diegene wat oorlog gemaak het in die tweede helfte van die twintigste eeu het van ver gekom met vegvliegtuie. Spr. 23:5 “ Jy het nog skaars die rykdom gesmaak of dit is weg; dit kry vlerke en vlieg die lug in soos ‘n arend”. Wat wil Openbaring hier vir die mense sê? Openbaring wys dat die mens na 1947 in ver lande sal oorlog maak en die mens sal mislei word deur rykdom (jou oë rig op wat nie is nie). Jer 48:40-41 “Want so sê die Here: “Kyk hy sal vlieg soos ‘n arend en sal sy vleuels oor Moab uitsprei. Die stede is ingeneem en die bergvesting is ingeneem; en die hart van die helde van Moab sal in die dag wees soos die hart van ‘n vrou in nood.” Die tyd na 1947 is ook die tyd dat die “sterk manne/mighty men” sal regeer oor die nasies.
In Jesaja en Jeremia lees ons van die woorde “bleek/pale” en van “die boekrol”. Jes 29:18-22 “En in die dag sal die dowes die skrifwoord (scroll) hoor en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien. En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die Here en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel. Want gedaan is dit met die tiran en klaar is dit met die spotter en uitgeroei is almal wat op ongeregtigheid bedag is – hulle wat ‘n mens as sondaar brandmerk ter wille van ‘n woord en strikke span vir hom wat vir die reg opkom in die poort en die regverdige met nietige voorwendsels wegstoot. Daarom so sê die Here tot die huis van Jakob. Hy wat Abraham verlos het; Jakob sal nou nie meer beskaamd staan nie en nou sal sy aangesig nie meer bleek(pale) word nie.”
Hierdie verse gee vir ons die indruk dat die howe geïnfiltreer sal word met valse getuienis en dat daar geen regverdige verhore vir die onskuldige sal wees nie. Dit beteken dat in die tweede helfte van die twintigste eeu sal die howe, die wette van die mens navolg en nie volgens die reëls van die Christendom regeer nie. Daar is seker niks so erg om ‘n ouer te wees van ‘n kind wat opgesluit word saam met die ergste kriminele nie. Dink ook aan die verskriklike dinge wat deesdae aan kinders gedoen word, dwarsdeur die wêreld. Die Here sal verligting bring in hierdie situasie.
Jer.30:4 “Want so sê die Here; Ons het ‘n stem van verskrikking gehoor, daar is vrees en geen vrede nie. Vra tog en kyk of ‘n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar en alle aangesigte in bleekheid verander?” Die woorde “kan ‘n manspersoon baar” verwys na die tweede helfte van die twintigste eeu wanneer dit moontlik sal wees vir ‘n persoon om gekloon te word van ‘n manspersoon. Ons sal dit later bespreek wanneer ons die sesde wraakbak behandel.
Daar is ‘n tweede tydmeting verskuil in die opening van die vierde seël in die woorde “stem in hul midde (voice in their midst). Dit is die vyftien jaar tussen 1932 en 1947. Die jaar 1947 is die middelpunt tussen 1932 en 1962. Dit is ongeveer 30 jaar. In die tyd van Geskiedenis word na 30 jaar as vyf maande in Openbaring verwys. Later in Op.9:5 en 10 word vyf maande ook genoem. Ons sal dit later bespreek. Vyf maande is ook dieselfde as “vierde deel van die aarde”
Die tydmeting van “vyf maande” is die tiende tydmeting van Openbaring. Die twaalf tydmetings is die “twaalf sterre” van Openbaring 12:1. Hierdie tydmeting wat twee keer genoem word in Op. 9:5 en 10 is ook die tyd van “threescore (20+20+20)” jaar en die “vierde deel van die aarde”. Hierdie tydmeting onthul die misleiding van die “dier”

Dit kom voor asof Openbaring vir ons wil wys deur die tydmeting van “vyftien jaar” en die jaar 1947, dat die terugkoms van die Jode na Jerusalem, aanleiding sal gee tot Armageddon. Dit word onthul deur die woorde van 2 Kron.15:10 In die derde maand van die vyftiende regeringsjaar ……….het hulle almal by Jerusalem bymekaar gekom/So they gathered themselves together at Jerusalem in the third month in the fifteenth year.” Die jaar 1947 is die “derde maand” van die vyf maande tydmeting in Openbaring en ook die vyftiende jaar vanaf 1932. Dit is ook die laaste tydperk van die ses honderd ses en sestig (six hundred threescore and six). Let op na die woorde “gathered themselves together/bymekaar kom (versamel).” Hierdie woorde kom ook in Openbaring 20:8 voor. “En hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.” Dit dui op die bymekaar maak vir Armageddon.
Openbaring het ook ‘n gedeelte van die getal van die dier ontsluit in die opening van die derde seël. Ons weet dat die tyd 1896 die middelpunt is van die “sestig(threescore)” van die getal “ses honderd sestig en ses “ Slegs deur tydmeting van die “dier uit die aarde” sal ons die volle impak van die dier kan verstaan. As ons ‘n bietjie vooruit kyk, kom ons agter dat ‘n mens die kennis van die “dier uit die aarde” moet inspan om te verstaan wat die gedeelte “vierde deel van die aarde” beteken.
Die volle tydperk van die “dier uit die aarde” is van 1266 tot 1992. Die dier uit die aarde is in drie dele; ses honderd+ sestig + ses. Daar is egter ‘n vierde deel van die getal. Dit is die tyd van “20+20+20 (sestig)” Dit is vanaf 1932 tot 1992. Hierdie tydmeting is versteek in die verse van Op.13:11-18. Dit is die “vierde deel van die aarde”. Ons sal dit volledig bespreek wanneer ons by daardie gedeelte kom.
Openbaring wil egter die “vierde deel” aan ons bekend stel. Dit word gedoen deur die woorde van Op. 13:15. “lewe te gee aan die beeld/to give life unto the image” (1852-3) Dit is die tyd toe paddas vir die eerste keer gekloon is. Ook die gedeelte “ die wat nie die dier aanbid nie, sal doodgemaak word”, (1972) asook Op 13:13” hy het vuur uit die hemel op die aarde laat kom voor die oë van die mense/he maketh fire come down from heaven on the earth in the sight of men “(1992) Dit dui die tyd aan wat almal op CNN op TV kon sien hoe die oorlog “Desert Storm” verloop het. Almal kon die vuurpyle op die TV sien.
Ons sien dus die volgende patroon van tydmeting: Openbaring praat eers van drie dele van die aarde, maar voeg later nog ‘n deel by en praat dan van vier dele van die aarde.
1266 – 1866 = 600 (eerste deel)
1866 – 1926 = 60 (tweede deel)
1926 – 1932 = 6 (derde deel)
1932 – 1992 = 60 (vierde deel)(20+20+20)
Dink aan die ontstaan, verloop en die gevolg van die mens se dade. Onthou dat die Goddelike ingryping plaasgevind het en Dr. Janson het opdrag gekry om bekend te maak wat sy weet. Sy was dus op die regte spoor. Sy het die vierde seël se oopmaak verbind aan 1947. Ons sien dus hoe belangrik dit was om nie met die woorde van Openbaring in te meng nie, want hierdie deel kon slegs deur die geskiedenis bekend gemaak word.
“Mag/power” was aan die dier gegee. Die dood en die doderyk het gevolg. Ons sal later, met die ontleding van die “dier uit die aarde” sien hoekom die meerderheidsregering tot die dood en die doderyk gelei het.
Wat het in 1947 aanleiding gegee tot die ingryping van die Drie-eenheid? Kom ons ontleed die verse. Daar staan ook “sy naam” in die deel van “sy naam was Dood en die Doderyk het gevolg”. Dit is dieselfde woorde wat in Op.9:11 gebruik word. “ Die koning van die bodemlose afgrond – sy naam was Apollyon”. Hierdie naam beteken verwoester. Ons kan dus sien dat daar in 1947 ‘n tipe regering sou kom wat die Christen geloof aan bande sou lê. (gevange hou) In 1947 het die VVO (United nations) besluit om internasionale wetgewing daar te stel wat die wêreld se regerings sou vrystel van die Christelike reëls. Die Christene van die wêreld sou nie meer gebonde wees aan Christelike reëls nie. Alle godsdienste sal nou gelyke regte voor die wet hê en elkeen kan self kies watter geloof hulle wil aanhang. Hulle het van die standpunt uitgegaan dat alle paaie na Rome sal lei.
Die woorde “om dood te maak met die swaard en met hongersnood en met pes en met die diere van die aarde”, verwys na die hoofboodskap van Openbaring. Almagtige God het dit so vermag dat die Christelike Kerk en die Staat ‘n eenheid sou vorm in die tyd na 216nC, maar in die tweede millennium na die koms van Christus, was die broeders in Christus so mislei deur die “draak” (aanklaer van ons broers), dat hulle oorlog teen mekaar gemaak het. Uiteindelik is die nasies se eenheid in Christus verwoes en sou die filosofie van die meerderheidsregering tot stand kom, sodat daar “vrede” op aarde sou wees. Hierdie filosofie van gelykheid van gelowe, sal egter lei tot die verwoesting van die eenheid van die regering van die Christen nasies na 1947. Die oorloë wat geveg is om die meerderheidsregering globaal tot stand te bring, het gelei tot hongersnood en dood en dit werk steeds om die vele misleiding van die “dier uit die aarde” te versterk.
Die woord “dood” beteken nie net liggaamlike dood nie, maar ook “geestelike dood” en daarom kom die woorde “dood en doderyk (hell)” voor. Gelykheid van gelowe was aanvaarbaar vir die nasies, want daar word min hindernisse in die pad van die Christelike geloof geplaas. Die Christelike geloof kan egter nie op gelyke voet met ander gelowe geplaas word nie. Die Christelike nasies moet nou wette navolg wat deur mense gemaak is en nie deur God nie. Wette wat teen die wette van Christus is. Ons sien vandag die nagevolge van hierdie wette. Die wette van God word ondergeskik gestel aan die wette van mense. Ons kry nou aborsiewette, huwelike tussen mense van dieselfde geslag, homoseksualiteit is aanvaarbaar, die gebooie van God word verwyder uit publieke plekke, ens. Die mens besef nie dat al hierdie dinge aanleiding gee tot wetteloosheid, as gevolg van die mate waarin Christus se wette nie meer nagevolg word deur die regerings nie. Daarom sal daar nie vrede op aarde wees nie, want die Heilige Gees, wat die mense se harte moet verander om vrede te bewerkstelling, word uitgesluit uit die regering van die nasies.
Ons sal later sien dat Openbaring die tyd 1860 -2004 beskou as die tyd wanneer die Christene, wat getrou is aan Jesus Christus ten spyte van die meerderheid stem en die menslike wette, diegene is wat hulle “geestelike offers (first fruits)” bring na die tempel van God. Dit sal hierdie gedrag van die Christene wees, veral tussen die tye 1932 en 1992 wat sal bepaal wat konstruktief of destruktief vir die Christelike geloof sal wees. Dit sal ook die tyd wees dat die mens weer ‘n muur tussen God en mens sal oprig.
Na 1947 het die regeerders van die Westelike nasies weggedraai van die riglyne van die Christelike geloof, selfs nadat hulle die oorwinning behaal het in die Tweede Wêreldoorlog. Openbaring gebruik die word “godslastering (blasphemed)” om die ideologie te identifiseer wat die Regering van die Koning met die regering van die mense vervang het. Die Christelike nasies se kennis en begrip oor die mag van Jesus Christus se koms en die vervulling van die Ou Verbond en die tot standkoming van die Nuwe Verbond, is vandag baie beperk. Hulle begryp nie meer die volle implikasies daarvan nie. (My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis.)
Christus sê: “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe en niemand kon na die Vader behalwe deur My nie.” In Gal.1:8-9 sê Paulus “……. ‘n evangelie wat in styd is met wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!” Die propaganda van die wet, deur baie internasionale media, het aan die een kant die Christelike geloof beskerm, maar aan die ander kant die boodskap van redding deur Jesus Christus skade berokken. Elke generasie (geslag) vanaf 1947 sal dit moeiliker en moeiliker vind om die Christendom as die enigste weg na God te sien. Ons sien dus dat dit net ‘n kwessie van tyd is voordat Christus weer sal ingryp, want die boodskap van die kruis en die grootste offer ooit vir die mensdom gebring, kan nie meer geïgnoreer word nie.
Openbaring gebruik ook die simbool van “Babilon” om aan te toon hoedat die Christelike boodskap “gevange” gehou is. Die eerste “val van Babilon” is in 1932. Die volgende val kom in die tydperk na Feb. 2005, in die tydperk wat nie gemeet kan word nie.
Hier is ‘n opsomming van die sewe seëls, wat ook die sewe donderslae insluit.
Sewe Donderslae is verbind aan die sewe seëls
JAAR - SEëLS - ARGEOLOGIESE ONTDEKKINGs - GESKIEDENIS
216nC = eerste - Origen ontdek Psalms - Konsep van Drie-eenheid
790nC = tweede - Boekrol van Psalms - Eenheid van Kerk (Koning en priester regeer saam)
1896 = derde - Damaskus Dokument - Meerderheidsregering
1947 = vierde - Dooie see boekrolle - Weste aanvaar gelykheid van alle gelowe
1952-1956 = vyfde - Koper boekrol oopgemaak - Klonering van paddas
1971 = sesde - Klip met inskripsie op Tempelberg gevind - Tyd van “halfuur” stilte in hemel
1988 = sewende - Houertjie met balsam - Tyd van 5 maande – sigbare tekens in 2003



Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]