Re: BP se olielek in die see

[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]

Posted by Elana Janson on June 21, 2010 at 08:02:47:

In Reply to: BP se olielek in die see posted by Susanne Baker on June 18, 2010 at 12:32:18:


Daar is tans groot bekommernis oor die olielek in die Golf van Mexiko en op 20 Junie was daar ‘n berig oor die media dat die olielek meer olie uitspuit as wat aanvanklik gesę is. As dit 'n teken van die einde is hoef nie as Christene ontsteld te wees nie want God bly in beheer.

Al drie die aspekte uit Openbaring wat jy noem kan betrekking hę op die olielek in die Golf indien dit nou aan ons geopenbaar word dat die mens dit te ver gevat het en God wel daadwerklik ingryp om die aarde bewus te maak van Sy mag.

“Olie en wyn”

Omdat ek weet dat die verstaan van Openbaring lę in die kennis van in watter tyd die verse verstaan moet word (soos jy aandui in jou opsomming van die “swart perd” het “olie en wyn” (Op 6:6 “hurt not the oil and the wine”) betrekking op die tyd 1896) is die verstaan van die woorde “olie en wyn” simbolies van dit wat die “dier uit die aarde” die nasies van die węreld wys gemaak het onmisbaar en belangrik geword het vir sy moderne bestaan en vir sy handelsrykdom. Belangrik tot die punt van oordadigheid en besoedeling van die aarde. Volgens die verloop van die geskiedenis was 1896 die tyd toe moderne węreldhandel op groot skaal toegeneem het. Ons weet almal in watter mate węreldhandel in die twintigste eeu toegeneem het. Die herhaling van “olie” en “wyn” in Op 18:13 bevestig dit. “Olie en wyn” het dus vandag betrekking op die mens se strewe om olie te bekom uit elke moontlike bron – ook in die Golf van Mexiko.

Volgens die inligting in Openbaring het die woorde van Op 11:18 “en die wat die aarde vernietig, word vernietig” betrekking op die besoedeling van die “lug” (Op 16:17-21 - sewende bak “in die lug” gegooi) en met ons kennis dat die verbranding van olie die lug besoedel, en sou beslis van toepassing wees op ‘n olielek wat onomkeerbaar die see en seelewe vernietig.

Baie interessant die moontlikheid dat die olielek aandui dat die “dier uit die aarde” nou sy houvas op die mens kwyt raak deurdat onvermoë om die olie te stop daarop sou dui dat God toegelaat het dat die mens iets aanpak wat buite sy beheer is en God se skepping ontoelaatbaar vernietig.

Wat sę Openbaring

Openbaring gee ‘n spesifieke tyd vir die vernietiging van die dier en dit is in Op 19:20 “Die dier is toe gevange geneem en saam met hom ook die vals profeet wat die wondertekens vir die dier gedoen het en daarmee die mense mislei het wat die merk van die dier aanvaar en sy beeld aanbid het. Hulle twee is lewend in die vuurpoel gegooi wat met swael brand.”

Hierdie vers word voorafgegaan deur “Toe het ek gesien dat die dier en die konings van die aarde met hulle leërs bymekaar gekom het om oorlog te maak teen die Ruiter op die wit perd en teen sy leër”.

Hierdie vers het twee of meer moontlike vertolkings. Soos my boeke aandui is die “dier” die totale verstaan van wat Openbaring sę van die dier uit die aarde en die dier uit die see. Dit is reuse konsepte. Die hele denkrigting van die moderne men wat onder andere glo: die mens kan maar soos die “New Age” godsdienste gelykstel; kan maar doen wat hy wil en hoef nie voor God rekenskap te gee nie; die mens is in staat om alles te verstaan deur sy kennis van die wetenskap ens. ens. Die valse profeet is al die volgelinge van hierdie denkrigtinge en wat deur elke bron tot hulle beskikking in die moderne węreld die mens probeer oortuig dat hy deur sy eie vermoë tot alles in staat is en hoef nie te glo nie. Met ander woorde die wat dit glo en die leierskap van die aarde gaan oorlog maak teen die Ruiter op die wit perd. Het hierdie geestelike oorlog nie in die vorige eeue al gebeur nie en dit is hoekom ons tans met die dilemma van ongeloof in die węreld sit nie? As ‘n mens in aanmerking neem met watter groot treë Openbaring deur die geskiedenis beweeg is dit moontlik. As dit so is dan kan dit wees dat die dier op ‘n wyse vernietig word wat nie betrekking het op ‘n finale oorlog nie. Dan sou ‘n olielek wat buite beheer raak moontlik ‘n faktor wees in die ommeswaai van die denkwyse van moderne ongeloof.

Ek meen Op 19:20 het betrekking op ‘n finale konfrontasie tussen oos en wes. Armageddon is wel ‘n werklike finale oorlog en met daardie oorlog gaan omstandighede so wees dat die mensdom besef dat sy kennis tog beperk is en dat hy nie durf die waarhede van die Skrif verontagsaam nie (daarin lę die vernietiging van die dier). Daar kom ‘n tyd wat God rekenskap van die mens gaan eis vir sy dade. Die vraag is gaan daar ander omstandighede wees in die eindyd wat hierdie besef by die mens tuisbring soos die mens se onvermoë om onbeperkte besoedeling te stop. Gaan dit ‘n rede wees vir die finale konfrontasie?

Ek wil nie die tekens vooruit loop nie, want die finale tyd bly in God se hande en ons weet nie hoe lank daardie tyd sal wees nie. Net die tyd sal leer. Wanneer gebeure buite beheer raak, raak almal ongemaklik – soos ons uit die Skrif weet elke knie gaan buig Jes 45:23 en Rom 14:11.

As die dier sy houvas verloor deur die mens wat struikel dan is die woorde van Op 10:9 (as die boekrol “boekie”, d w s Openbaring verstaan is en deel van jou bestaan geword het - “opgeëet” is) gepas “Dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet soos heuning wees”.

Follow Ups:



Post a Followup

Name    : 
E-Mail  : 
Subject : 
Comments:


[ Follow Ups ] [ Post Followup ] [ How Near Armageddon Forum ]